Drie tugondersoeke kos R15 miljoen

Die Wes-Transvaalse Departement van Finansies het onreëlmatig sowat R15 miljoen aan regsdienste bestee om drie tugondersoeke na amptenare te hanteer.

 

Adv. Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het die opspraakwekkende nuus bekend gemaak en gesê dit beteken dat R5 miljoen bestee is aan elkeen van die drie gevalle.

Die ondersoek is ingestel na bewerings ontvang is van magsmisbruik en onreëlmatige besteding met veral die aanstelling van ’n prokureursfirma, Morake Inc.

Adv. Madonsela het glo aanbeveel dat die geld wat die Departement onregmatig spandeer het, onverwyld verhaal moet word.

Foto – Adv. Thuli Madonsela