Dr. Merkel – goeie nuus, maar.

Den Haag – Die deelstaat verkiesing in Beiere het goeie nuus vir dr. Angela Merkel gebring, maar daar is ’n stertjie aan waarvan sy nie veel vreugde sal kry nie.

Die federale verkiesing is op hande, en die afgelope verkiesing in Beiere het haar koalisie vennoot in ’n sterk posisie gebring toe Christen-Sosiale Party ’n klinkende oorwinning behaal het teen die aartsvyand van Merkel se Christen-Demokratiese Party.

In die verkiesing is die Sosiaal-Demokratiese Party(SPD) met ’n oorweldigende meerderheid verslaan.

Die wenner, die Christen-Sosiale Unie (CSU), word beskou as die susterparty van Merkel se Christen-Demokratiese Party (CDU).

Die CSU het 47,7% van die stemme getrek teenoor sy opponent, die SPD  se 20,6%.

Wat egter ’n bekommernis is vir Merkel, is die feit dat haar sterkste koalisie vennoot, die Vrye Demokratiese Party, slegs 3,3% steun kon monster, en daarmee uitgeknikker is en nie kan terugkeer parlement toe nie. Die Grondwet vereis ’n minimum van 5% steun.

Hierdie feit kan dr. Merkel se party ernstig benadeel in die federale verkiesing.