Dormer-ram behaal rekordprys

Mnr. Hendrik Steyn van Petrusville van die Kairos-dormerstoetery, is die nuwe eienaar van ’n spog dier wat hom R150,000 uit die sak gejaag het.

Die nasionale veiling van die Suid-Afrikaanse Dormer-telersgenootskap het, te midde van verskeie ander spog diere wat opgeveil is, ook die Dormer-ram beskikbaar gehad. Die eienaar daarvan, mnr. Scheepers Lambrecht van Amersfoort in die Oos-Transvaal, is self tevrede met die prys wat sy ram behaal het.

Dit is die hoogste prys wat nog op ’n veiling vir ’n Dormer-ram behaal is.

Hendrik Steyn en sy skoonvader, mnr. John Havenga, wat ’n gesoute stoetteler is, en ook ’n voormalige president van SA Stamboek is, het die ram aangekoop as die kroon op hulle relatief jong stoetery.