Dolfyne herken mekaar

Twee dolfyne wat mekaar as kleintjies gesien het, het mekaar na twee dekades weer gesien en het hulle mekaar herken.

 

Dié twee pragdiere het mekaar uitgeken aan fluitgeluide wat gemaak is, wat, nadat hulle dit gehoor het, opgewonde geraak het en mekaar letterlik “verwelkom het met ’n groet”.

Navorsers het die bevinding gemaak nadat meer as vyftig dolfyne in ’n navorsingstoets gebruik is. Dit is reeds bekend dat dolfyne ’n kenmerkende fluitgeluid maak wanneer hulle mekaar groet en ook wanneer hulle mekaar herken.

 

Allie en Bailey was albei vier jaar oud toe hulle van mekaar geskei is, en twintig jaar later is hul fluite vir mekaar teruggespeel en het hulle dadelik opgewonde daarop gereageer en terug gefluit met dieselfde fluitgeluit.