Dis-Chem werker beseer bejaarde

Die 74 jarige Martha Laurence is in ’n Dis-Chem apteek in Hatfield, Pretoria deur een van die werkers onderstebo gestamp, omdat hy nie gekyk het waar hy loop nie, en die dame laat val het.

Die bejaarde dame het haar heup gebreek, en haar daarna tot die hof gewend.

Sy het die eerste rondte van die geding gewen toe regter Hennie de Vos beslis het dat mnr. Charl Pretorius, die werker van die apteek, nie gekyk het waar hy loop nie, en dus is hy en die apteek gesamentlik en afsonderlik verantwoordelik vir die dame se toestand.

Die omvang van die skade moet nog bepaal word alvorens die hof daaroor ’n uitspraak kan lewer.

Beeldmateriaal van die voorval het in die hof gedien