Diewe teiken skole

Die afgelope naweek het talle skole deurgeloop onder die diewe se aanslag om rekenaartoerusting te bekom, en skole in die Vaaldriehoek het swaar verliese gelei toe rekenaars en klanktoerusting ter waarde van derduisende Rand gesteel is..

By die Laerskool Lumiére in Vaalpark, Sasolburg en die Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark, is kluise oopgebreek met elektriese snygereedskap nadat diewe toegang tot die geboue gekry het deur die dakke.

’n Polisiewoordvoerder meen dit is vermoedelik die diewe wat gedurende Mei vanjaar meer as 90 rekenaars by verskillende skole in dié gebied gesteel het.

Sowat 30 rekenaars, en ander toerusting is reeds vanjaar by die Hoërskool Sasolburg geroof deur die diewe.

By die Laerskool Vaalpark is 18 rekenaars, vanjaar gesteel.