Diewe besteel Gupta’s

Een huiswerker is in aanhouding na ontdek is dat ongeveer R3 miljoen se juwele en kontantgeld van die omstrede Gupta-familie gesteel is op hulle Johannesburgse landgoed.

Na wat berig word het drie gewapende mense met twee voertuie toegang tot die landgoed verkry, die tuinier oorrompel en in ’n kamer vasgemaak en geblinddoek.

Die huisbediende het glo alarm gemaak, maar na afloop van die rooftog self ook verdwyn.

In die rooftog is juwele, kontant en allerlei huishoudelike goedere geroof.

Die huisbediende is later deur die polisie opgespoor, en van die gesteelde goedere is by haar gevind.

Sy is gearresteer en sal eersdaags in die hof verskyn