’n Woordvoerder van die Nasionale Raad teen Rook het in ’n verklaring gesê die rookgewoonte is besig om uit te sterf weens die gesondheidsgevaar daarvan.
Hy het ook daarop gewys dat die namaaksel sigaret, bekend as die e-sigaret, net die rookgewoonte stimuleer, en ook nie “gesonder” is as gewone tabak sigarette nie.
Die vervaardigers van e-sigarette probeer hulle produk bemark as ’n gesonder alternatief, maar daar is geen bewyse dat dit wel so is nie, het hy gesê.
Hy meen ’n e-sigaret gee net tien persent van die nikotien wat ’n gewone sigaret gee, en dit veroorsaak dat die behoefte na nikotien gestimuleer word.
In ander lande het die gebruik van e-sigarette geweldig toegeneem, en is besig om in Suid-Afrika dieselfde neiging te toon.
Philip Bartholomew, die mede-eienaar van ’n e-sigaret, Twisp, sê hulle het met twee winkels begin in 2008, en het nou 18, wat aangevul sal word met nog 15 winkels in die komende jaar.
E-sigarette is sowat 60% goedkoper as gewone sigarette.
Kenners meen dat die dae van ’n florerende tabakbedryf vir goed verby is.
Na 45 jaar vir die tweede keer gelos Februarie vanjaar. Hou nog uit.
Ek kan glad nie met die Raad teen Rook saamstem nie. Daar is ‘n veel eenvoudiger en permanente oplossing as om te wag “vir die gewoonte om uit te sterf”. Ek het nog nooit groter twak as dit gelees nie en dan kom nog boonop van ‘n Raad teen Rook. Ek is gelukkig ‘n bewys daarvan.
Tot sowat 3 jaar gelede, vra maar my kennisse en vriende, het ek met gemak so om en by 60 sigarette per dag gerook. of sal ek sê gestook! Onmiddelik na die self-toepassing van die EFT-prosedure, wat ‘n maksimum van 5-10 minute geduur het, het ek hierdie slegte gewoonte onmiddelik gestaak. Nog nooit weer aan ‘n sigaret geraak of enige lus daarvoor gehad nie al rook mense die wêreld rondom my blou-grys.
Daar is net een onderliggende eerste vereiste vir die permanente staak van die rook gewoonte, of die roker dit nou wil weet of nie. Tensy jou bewustelike en onbewustelike denke in VOLLE harmonie is sal jy nooit permanent ophou rook nie. Albei moet duidelik verstaan dat dit is wat jy wil hê en INNIG BEGEER. As jy bewustelik probeer om jou onbewustelike te bluf, vergeet dit. Hierin sal jy NOOIT slaag nie. En hierdie vereiste gaan nie net oor die rook gewoonte nie. Dit geld vir ELKE ding wat jy graag in die lewe sal wil vermag.
Dit is net jammer dat kinders op skool, veral alreeds vanaf laerskool dae, nooit geleer word van die werkinge van die bewustelike en onbewustelike nie. Wetenskaplike navorsing op hierdie gebied het hierdie essensiële skakeling tussen bewustelike en onbewustelike al oor en oor bewys. Dit is hartverskeurend om te dink aan die derduisende prestasies wat op soveel terreine bereik sou kon word sou leerders uit die staanspoor oor hierdie kennis beskik.
Die dag wat jy besef dat jy nie jou onbewustelike kan bluf nie en opreg en eerlik is kan jy rook permanent staak binne 5 minute. Dit is ‘n WAARBORG!
‘n Uitstekende bron van inligting oor die EFT toepassing sal gevind word op die internet by Google en te soek na “EFT” of “Stop Smoking with EFT”. Basiese voorlopige inligting kan ook bekom word by http://www.solutioncentre.co.za/emotion.htm Dalk moet die Raad teen Rook van feite bewus word.