DG in groot moeilikheid

Suid-Afrika se Direkteur-generaal van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Jerry Matjila, is nou met spesiale verlof nadat bewerings aan die lig gekom het dat hy verantwoordelik is vir onreëlmatige besteding van meer as R500 miljoen aan belastinggeld.

Hy is baie vinnig met verlof en vêrdere ondersoeke word gedoen.

’n Woordvoerder van dié Departement, Clayson Monyela, sê Matjila se verlof sal onbepaald voortduur sodat ’n behoorlike ondersoek gedoen kan word.

Matjila is glo ’n opdrag van die Nasionale Tesourie nie nagekom nie. Volgens die opdrag moes R250 miljoen deur die Verenigde Nasies (VN) se voedselprogram na Afrika-state gekanaliseer word. Dit is nie gedoen nie, maar hy het glo self besluit en twee maatskappye uitgesoek om sonder enige toestemming van die Minister van Finansies of van die Minister van Internasionale Betrekkinge kontrakte uitgedeel om namens die ARF sekere werk in Afrika te doen.

Hy het blykbaar kort daarna miljoene Rand in “Motse First Trading”, se rekeninge betaal voor daar enige werk van enige aard gedoen is.

Bewerings word gemaak dat hy sowat R16 miljoen aan ’n ander instansie, Letsatsi Renewable Energy uitbetaal het voordat die instansie aangestel is om die werk te doen.

Toe ’n ouditkomitee hom konfronteer oor die vergrype, het hy doodluiters gesê hy voer die instruksies van die minister en die president uit wat direk met hom skakel.

Talle ander sake is ook op die lys om ondersoek te word.