Departement funksioneer swak

Die Departement van Vroue, Kinders en Gestremdes funksioneer nie na wense nie, te midde van die feit dat ’n begroting van R198 miljoen toegeken is.

Die Departement het ’n salarisrekening van net minder as R80 miljoen, en funksioneer blykbaar nie na wense nie omdat 50% van die poste vakant is en blykbaar nie gevul gaan word nie.

Die redes daarvoor is nie baie duidlik nie, alhoewel waarnemers meen dit is as gevolg van swak bestuur.

Die Departement het self nog geen aanduiding gegee van die vaardighede waaroor die personeel in sy diens beskik nie.

Die Minister van dié Departement, Lulu Xingwana, het gesê daar is 197 poste in die Departement, en 83 is vakant.

Die pos van die Hoofdirekteur van Regsdienste is reeds ’n jaar lank vakant.

In ’n  vorige verslag wat handel oor wanadministrasie in die Departement het getoon dat sekere amptenare, elkeen tot R180,000 aan oortyd betaal is.

’n Gewone verpleër is sommer as direkteur aangestel.

Die Minister het gesê al die poste sal voor die einde van 2013 gevul wees, en politieke waarnemers sê dat die Minister dopgehou word om seker te maak dat dit wel gedoen word.