Daar’s water!

In Brittanje het menige Brit hulself groot skade berokken met hul Apple slimfone omdat hulle ’n vals advertensie geglo het en die gesofistikeerde stukkie tegnologie in die water gegooi het.

In die advertensie, wat redelik na aan die werklike Apple advertensie lyk, is beweer dat die slimfoon van Apple waterdig is.

Dit het baie Britte oorreed om die kans te waag en hulle iOS 7, in die water gegooi, met die logiese gevolg van ernstige beskadiging.

Apple het iOS 7 pas verlede week vrygestel, en die maatskappy moes inderhaas bekend maak dat die toestel beslis nie waterbestand is nie, en die toestel se elektroniese dele skakel nie af as dit in die water beland nie.

.