"Cowboys" en "Crooks" in Wadeville

In Wadeville, Germiston, aan die Oos-Rand het mense ’n ware “cowboys” en “crooks” sien afspeel toe ’n oor en weer skietery tussen polisie en terroriste, helder oordag plaasgevind het.

In die voorval, wat omstreeks 11.00 vm. begin het, is een polisiebeampte doodgeskiet, maar drie skurke van die sewe het in die stof gebyt.

Die sewe swartes het by ’n skroothandelaar hul opwagting gemaak met die klaarblyklike bedoeling om ’n veiligheidswa wat geld vervoer, te beroof of te kaap.

Polisie van die reaksie-eenheid, asook die honde-eenheid, en die Johanneburg  metropolisie, tesame met ’n misdaadintelligensie-eenheid was gou op die toneel en het vir die gewapende rowers ingewag.

“Die verskil was net dat die “coboys” gewoonlik in die minderheid is, maar hierdie keer was daar ’n swerm polisie teenwoordig”, het een ooggetuie gesê.