Costa Cordia suksesvol opgetrek

Ingenieurs wat probeer om die gestrande Italiaanse passasierskip die Costa Concordia regop te trek, het Dinsdagoggend gesê die operasie was ‘n sukses.

Volgens die Italiaanse nuusagentskap Ansa het lede van die bergingspan dié prestasie gevier deur mekaar te omhels terwyl sirenes in die hawe van Giglio-eiland, waar die skip sowat 20 maande op sy sy gelê het, weerklink het.

Die hele operasie het sowat 19 uur geduur. Die Costa Concordia, wat 300 meter lank is en 115 000 ton weg, is die grootste skip nog wat weer vlot gemaak is.

"Die operasie kon nie beter verloop het nie,"  het Franco  Porcellacchia, ‘n lid van die bergingspan, gesê. – Sapa