Cosatu-lede staak al weer

Ongeveer 75,000 stakendes drom saam in die Randburg omgewing om hulle eis vir hoër besoldiging te demonstreer. Die stakendes sluit ook in die honderde petroljoggies wat aandring op ’n verhoging van R30 per uur.

Die stakers toi-toi en dans by kleinhandelaars in die brandstof bedryf, en wil hulle eise aan die hoofde en werkgewers oorhandig, terwyl die polisie alles op ’n afstand waarneem.

Vroegoggend was daar ’n ietwat van opeenhoping van voertuie by verskeie vulstasies in veral Johannesburg en omgewing, maar teen 10 uur was dit weer rustig en het alles terug gekeer na normaal.

Oor die algemeen was daar nie ’n ontwrigting nie, maar die moontlikheid word nie uitgesluit dat vulstasies kan leegloop van brandstof as die staking lank genoeg voortduur.

Talle petroljoggies het nie aan die stakings deelgeneem nie “want hulle wil nie nog geld verloor omdat hulle nie by die werk is nie.