Bybelvers laat aanvallers vlug

“In die naam van Jesus Christus, gaan hier weg!”

 

Dit is die woorde wat die jong Jan Hendrik Jooste (20), ’n eerstejaarstudent vanTukkies,  om die vier swartes te verwilder wat hom en ’n vriendin, Soné Verster (19), aangeval het.

Jan sê Psalm 50:15 het hom gehelp want daar staan geskrywe: “Roep My aan in die dag van benoudheid. Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.”

Hy sê dit is presies wat gebeur het, en die twee, albei argitektuur studente, het  nou net nog ’n steker geloof. Hulle het in ’n parkie langs Andriesstraat, ’n taakopdrag gaan doen en het met diie Gautrein gery om seker te maak hulle motors word nie gesteel nie.

 

Hulle het foto’s vir die opdrag in die parkie geneem en verskillende opmetings gedoen. Die namiddag het die vier swartes met messe gedreig om hulle dood te maak. Jan Het die een aggressiewe boef gevoeter, maar die ander drie het sy vriending begin pla en wou haar met ’n mes steek. Sy het die aanval afgeweer en die aanvaller met haar selfoon gegooi.

Hy het egter besef dat hulle nie die geveg gaan wen nie en het toe in ’n harde stem uitgeroep: “In die naam van Jesus Christus, gaan hier weg!”

Die vier mans het dadelik op die vlug geslaan. Die twee Tukkies het net skrape opgedoen.

Jan sê die aaklige van die voorval was dat ’n kerkgroep wat ook in die parkie was, het nie eens probeer om te help nie.

Die twee het ’n klag van poging tot moord en gewapende roof by die polisie gelê.