Bure red vrou van vlammedood

June Grace, is met die vinnige handeling van bure, gered van ’n vlamme-dood toe haar woonstel aan die brand geraak het en sy bewusteloos neergesak het terwyl die vlamme nader kom.

Die brand het in die omgewing van 10.00 in haar woonstel in die Brackendown Villas ontstaan.

Morne Jamneck sê hy en ’n ander buurman het agtergekom dat iets brand en ondersoek ingestel. Uiteindelik moes Grace se deur oopgeskop word om toegang te kry. Tussen die rook en vlamme is sy gevind waar sy op die vloer bewusteloos gelê het.

Later moes mond-tot-mond asemhaling toegepas word, en is sy met die hulp van ’n voormalige verpleegster gehelp om te herstel, waarna sy na die hospitaal geneem is om behandel te word teen ernstige rook inaseming.