Brit ‘n werwer van Al-Sjabaab

Die sogenaamde “Wit Weduwee”, alias Sam Lewthwaite, ook bekend as Natalie Webb, van Brittanje, is blykbaar een van Al-Sjabaab se hoof agente om werwing in Oos-Afrika te doen, en wat vermoedelik gereeld besoeke bring aan Suid-Afrika.

Sy gebruik blykbaar ook vals Suid-Afrikaanse paspoorte met een van talle aliasse waaronder sy reis.

Die Suid-Afrikaanse paspoort, wat in verskeie oorsese koerante gepubliseer is, en waarvan daar op die internet talle foto’s is, is in die naam van Natalie Faye Webb.

Blykbaar is sy een van die gevaarlikste, en mees gewetenlose lede, wat ook kontak hou met Al-Kaïda in onder meer Suid-Afrika.

Sy word beskou as die terroriste organisasie se mees waardevolle agent.

Natalie Webb was getroud met Jermaine Lindsay, ’n Britse Moslem, wat agt jaar gelede met ’n bomaanval by die King’s Cross-moltreinstasie in Londen, homself opgeblaas het. Sy is baie betrokke by opleiding van vroue wat in selle werk.

Hardnekkige berigte doen die rondte dat daar ’n blanke vrou tussen die groep aanvallers in Nairobi was.