Die Redakteur
Die Vryburger
In Beeld van 20 Sept 2013 word mnr Willie Spies aangehaal oor die naamstryd oor Pretoria: “Ons is nie teen alle veranderings gekant nie, maar wel as dit onsensitief gedoen word.”
Hoe kan naamsveranderings sensitief aanvaarbaar gedoen word, mnr Spies? Is dit waarom Radio Pretoria nou geswig het voor Mpumalanga en Gauteng? Ons kan aanvaar dat julle daardie naamsveranderings sensitief gedoen het?
dr. Awie van Dyk
Hoor-hoor !
Ek het dieselfde in ons plaaslike koerant gelees, toegedig aan Kallie Kriel van Afriforum.
Ofskoon almal sekerlik hul herkoms mag gedenk, is die hartseer feit dat die ANC ons Afrikaner-herkoms soos verbeeld in monumente en name van plekke wil vernietig, deur oa.naamsverandering.
Dit is ongehoord en ‘n aanslag wat skandelik indirek gesteun word deur hierdie beweerde uitsprake.
Uiteindelik moet elkeen besluit watter kant van die spreekwoordelike heining hy/ sy staan: daar is net diegene wat die Afrikaner se regmatige selfbeskikking steun, of ons onderdruk.
Ten slotte, werk mee aan die bewaring van oa.ons stad- en straatnaam erfenis: hou rekord van ONS name, die geskiedenis daaragter en kom ons prent DIT by ons volksgenote en kinders in.