Brics beplan valutabeskermingsfonds

Die Brics-lande (Brasilië, Rusland, Indië, China en S.A.) beplan om ‘n valuta-stabiliseringsfonds ten bedrae van $100-miljard te stig. Die grootste bydraer tot die fonds is China, wat van die grootste buitelandse reserwes in die wêreld het. Die nuus is bekend gemaak tydens die G20-lande se vergadering wat tans in Rusland plaasvind.

Die wisselkoerse van Brasilië, Indië en Suid-Afrika (BIS) het die afgelope jaar aansienlik verswak met hulle opbouende negatiewe betalingsbalanse. BRICS se “BIS”-lede kan die bus mis weens die VSA se sentrale bank, die FED, se voorneme om nie meer nuwe geld op die mark te plaas nie. Dit beteken die opdroog van geld-invloei vanaf die buiteland vir die drie lede wat dit broodnodig het om hulle negatiewe betalingsbalanse mee te finansier.

Die onstabiele geldeenhede van die van die “BIS”-lede sal groot baat kan vind by die te stigte valuta-stabilisasiefonds van BRICS. Die struikelende rand het reeds ‘n negatiewe invloed op die land met inflasie-druk en die stygende koste vir invoere, onder andere ru-olie.