Mnr. Pieter Strydom (24) van Heidelberg het die vreemde avontuur aangepak om ’n nuwe rekord op te stel wat nou in die Guinness-rekords opgeteken word vir die langste braai-marathon. Hy het vir presies 63 uur aanmekaar vleis gebraai.
Hy het beoog om 80 uur voor die gasbraaier te staan met sy gereedskap, maar dit het te veel geword en die moegheid het hom ingehaal.
Volgens die vereistes wat gestel word om in dié rekordboek opgeneem te word, moes hy deurlopend vyf verskillende stukke vleis op die rooster gehou het. Hy mag nie een stuk vleis afhaal voordat ’n ander in sy plek op die rooster beland het nie. Vyf video-kameras het die hele operasie verfilm en daar was deurlopend twee ooggetuies teenwoordig om te sien dat alles volgens die reëls verloop.
Ek sal graag wil weet hoeveel vleis (hoeveel kilogram bees, skaap, wors ens.) hy gebraai het en wat daarvan geword het. Dit moes ‘n fortuin gekos het!
Die vleis is aan tehuise geskenk en borge het ingestaan vir gedeeltes van die koste om die vleis aan te skaf
Hi Adri en Redakteur,
Ek het in totaal +- 400kg se vleis gebraai. Alle vleis is verbruik soos die reels vereis. Ek het vir gemeenskaps organisasies gegee en dan ook vir my helpers en ondersteuners deur die lang nagte. Die rekord is verbeter deur John Hamman van die Kaap na 65 ure so week na my poging.
Groete