Boere vang diewe

Nylstroom – Inbrake in Nylstroom en omgewing het boere genoop om hul paraatheid op te skerp en die polisie te help met die aankeer van onwettige immigrante en wat dikwels ook moordenaars en rowers is.

Die vinnige optrede van boere het daartoe gelei dat drie swartes uit Zimbabwe, wat onwettig die land ingekom het, in hegtenis geneem is aangesien hulle ook verbind word aan ’n reeks inbrake in die gebied.

’n Dame wat alleen woon op ’n plaas, het gesien hoe die drie swartes om die huis kruip en sy het dadelik van die omliggende bure laat weet wat gaande is.

Een van die boere, mnr. Neels Smit, en mede boere het die drie agterna gesit en in hegtenis geneem.

Die drie word verbind aan ’n inbraak op ’n plaas waartydens meer as R800,000 se goedere gesteel is. Van die kosbaarste items is ’n reeks horlosies wat oor jare versamel is, ’n oumagrootjie se verloofring, en talle ander kosbare goed.

Die rewolwer wat by een gevind is, het blykbaar voete gekry uit ’n huis in Pretoria.

Die drie word aangehou.