Boere gaan gebuk onder brande

Veldbrande wat deur kwaaddoeners veroorsaak word, is besig om die landbou verder te ontwrig naas die ernstige droogte wat in groot dele van die Vrystaat, Wes-Transvaal en Noord-Kaap heers.

In die Parys omgewing is drie Simmentaler stoetbulle in ’n veldbrand dood, en ’n trekker is vernietig in dieselfde brand.

In die Oos-Transvaal is skape, bees en sefs twee varke doodgebrand in ’n hewige veldbrand.

Benewens die vee wat doodbrand, word plase se heinings vernietig, Eskom drade moet plek-plek vervang word, en landbou toerusting bly in die slag.

In die Vaal Driehoek is reeds meer as 5,000 hektaar weiveld vernietig, en in Oos-Transvaal word dit geraam op meer as 30,000 hektaar.

Talle boere het nie meer weiding vir hulle diere nie, en dit gaan nog etlike weke neem voor die weiding weer kos kan bied vir die diere as dit nou kom reën.

Kenners meen dat die die meeste veldbrande, wat deur kwaadwilliges veroorsaak word, sterk herinner aan die verskroeide-aarde beleid wat tydens die Tweede Vryheidsoorlog deur Brittanje toegepas is.