Boer by sy huis geskiet

Mnr. Garth Johnson, ’n boer van Waterval-Boven, is verlede Vrydag by sy huis geskiet en is later in sy vrou se arms dood.

 

Johnson het rondom  6.00 nm. by die huis  gekom en is net voor hy die kombuis kon instap, geskiet. Twee 9 mm patroondoppies is gevind.

Mev. Johnson het, toe sy die skote hoor, gehardloop na die kombuis waar sy haar man in ’n plas bloed gevind het. Sy het  hom vasgehou, maar hy is kort daarna dood.

Gerugte word versprei dat mnr. Johnson in ’n hewige woordewisseling was met die nuwe eienaar van ’n stuk grond waarop ’n groot aantal plakkers gehuisves word.

Niks is gesteel nie en die polisie ondersoek die voorval