Boemelaar oorhandig geld

Boston. – ’n Man sonder heenkome, bekend as Glen James, wat as boemelaar beskou kan word, het in sy ronddwaal om iets te ete te vind, ’n rugsak opgetel wat kontant en reisigerstjeks bevat ter waarde van R450,000 daarin.

Die man het die sak met sy totale inhoud net so aan die polisie gaan oorhandig kort na hy dit by ’n winkelsentrum opgetel het.

James, wat net sy slaapplek in ’n nou straat as “woonadres” kon verskaf aan die polisie, het later ’n spesiale eerbewys van die polisie ontvang vir sy eerlikheid.

’n Woordvoerder van die plaaslike polisie het gesê die wereld sal ’n baie beter plek wees as almal so eerlik is soos James.

Reuters