Blankes rand polisiebeampte aan

Drie blanke mans het na bewering ’n konstabel van die SAPD, ene Shikwambana, aangerand tydens ’n onderonsie by ’n vulstasie in Pietersburg.

Donald Albreent (21), Edwin Albreent (24) en Hardus van Jaarsveld (27) het gister in die landdroshof verskyn, op aanklag van saakbeskadiging, poging tot motor kaping en aanranding.

Brig. Hangwani Mulaudzi, die SAPD kommunikasiehoof van In Noord-Transvaal, sê konst. C. Shikwambana is verlede Saterdagaand erg aangerand. Hy was is in uniform in ’n private motor, glo op pad na Mankweng. Drie mans het die ligte van hul motor vir hom geflikker. ’n Jaagtog het ontstaan tot by die vulstasie.

Die polisieman se motorruite is glo deur die mans stukkend geslaan. Hy het die winkel binne gegaan en die mans het hom gevolg en glo aangerand.

Petroljoggies het glo die polisiestasie geskakel, waarna die drie mans in hegtenis geneem is deur die polisie.

Hulle is elk op R500-borgtog vrygelaat.