Blanke veedief pleeg selfmoord

Fanie Kunz (54), ’n bemarker wat veeboere klaarblyklik met miljoene Rand gekul het, is dood nadat hy na bewering homself geskiet het.

Dit is reeds etlike maande wat hy deur die polisie gesoek word, maar kon nie gevind word nie al het hy amptelik op die plaas Bloemhof, in die Harrismith distrik gewoon.

Boere het blykbaar in ’n bedrogspul belê en hul diere vir Kunz gegee om te bemark.

Dit is steeds ’n raaisel wat van die vee geword het, In 2005 is hy in hegtenis geneem weens veediefstal.

Kunz moes in die landdroshof op aanklag van diefstal verskyn het, maar het nie opgedaag nie.

By nadere ondersoek is gevind dat hy selfmoord gepleeg het.

Fanie se broer, Chris het gesê: “Dit is vir die familie ’n verleentheid, ons gaan nie hieroor praat nie, hy is dood en dit is klaar.”