Bill Gates erken fout

Die magnaat en medestigter van Microsoft, Bill Gates, het uiteindelik erken dat die sleutel kombinasie “Control-Alt-Delete” ’n groot fout was om ’n funksie te verrig.. 

Gates het kommentaar gelewer op die sogenaamde “drie-vinger-saluut” tydens sy optrede by die Harvard-universiteit.

Die uiters ongemaklike kombinasie is uit die vroegste tyd van tafelmodel rekenaars ‘n besondere kenmerk van Windows se bedryfstelsel.

Bill Gates sê dit was nie sy keuse nie, en dit was ’n fout. Die stelsel kon met een knoppie dieselfde funksie verrig het, maar die ontwerper van die IBM-sleutelbord wou nie sy ontwerp verander nie.