Beskeie maar trots

Dr. Angela Merkel word in die Duitse media beskryf as ’n beskeie dogter van ’n predkant-egpaar wat uit die voormalige Oos-Duitsland kom.

Vir haar was die klinkende oorwinning ’n persoonlike triomf wat haar trots en dankbaar laat voel vir die wonderlike ondersteuning wat sy geniet.

Dr. Merkel het alle verwagtinge oortref met die finale uitslag waarin haar party, die Christen-Demokrate 41,5% van die stemme gekry het.

Haar verkiesingsplakate was totaal anders as wat dit voorheen gedoen is. Geen beloftes, geen beleidsake, geen woorde! Slegs haar foto op die plakkaat, met haar hande en haar vingers in ’n houding van wen.

Daarmee is eintlik gesê: In Merkel se hande is Duitsland veilig.

Dr. Merkel het haar party gelei na ’n reuse oorwinning. Sy het vyf setels gekort om ’n volstrekte meerderheid te kry, iets wat deesdae “ondenkbaar” is ’n Duitsland.

Met haar opleiding as natuurwetenskaplike betrag sy ’n probleem sonder emosie, en soek na die beste moontlike oplossing.

Dit maak van haar ’n gewilde leier in Duitsland.

Duitsers is egter bekommerd dat die ruse oorwinning na haar kop kan gaan, en dat sy daardeur roekeloos kan optree.

Politieke waarnemers meen egter sy beskik oor die vermoë om die Duitse trots te hervestig.