Bemanning mag nie RSA verlaat

Negentien bemanningslede van die Kiani Satu moet in Suid-Afrika bly en mag voorlopig nie die land verlaat nie..

Die hofbevel het gekom ná ’n hofaansoek deur die eienaars en hul versekeraars suksesvol was. Die vrag rys op die vaartuig is ’n massiewe 15,000 ton ter waarde van R70 miljoen.

Regter Willem Louw het die bevel in die Wes-Kaapse Hooggeregshof toegestaan en hy sal later redes aanvoer vir die besluite.

Die bemanning gaan tuis in ’n hotel op Mosselbaai.

Die eienaars en versekeraars wil eers vasstel wat die werklike oorsaak is vir die ramp.