Bekende Kapenaar oorlede

Die bekende skrywer en akademikus Boerneef, se enigste kind is in Kampsbaai oorlede.

Mnr. Carl van der Merwe (87) ’n ingenieur wat jare lank in Zimbabwe gewerk het, was die seun van die volksman Izak van der Merwe, oftewel, Boerneef.

“Hy was nog jonk toe sy ma oorlede is,” het Elna van der Merwe, ’n niggie van Carl, gesê. “

Hy het by verskeie geleenthede vertel hoe eensaam hy en sy pa was in hulle huis in Tamboerskloof.

 Carl Van der Merwe word oorleef deur sy gade, Marigold, en sy twee dogters, Christine en Anita, wat beide in Australië woon.

Foto – Boerneef