Bejaarde word beroof

In Grahamstad in die Oos-Kaap is ’n bejaarde dame van 70 jaar in haar huis deur swartes oorval, en van besittings beroof.

Polisie woordvoerder kapt. Mali Govender, sê die twee swartes het in groen oorpakke by die dame se huis ingebreek, haar hande vasgebind, na die badkamer gesleep, en toe die huis geplunder.

Govender sê hulle het met haar VW Jetta gevlug nadat hulle goedere soos die TV, ’n DVD speler, haar handsak met persoonlike dokumente en geld daarin en van die linneware gesteel

Sy kon later daarin slaag om haarself los te maak en het die paniekknoppie gedruk.

Sy was erg getraumatiseer en is is die hospitaal opgeneem vir behandeling.