Mnr. Cas Calitz (84) van Vereeniging is gisteraand in sy huis oorval deur terroriste wat hom wou vermoor deur ’n plastieksak oor sy kop te trek en vas te bind sodat hy
Hulle het hom met ’n voorwerp in die gesig geslaan, sy hande vasgebind en hom alleen gelaat om dood te gaan.
Mnr. Calitz het egter die vermoë gehad om die plastieksak stukkend te byt en so kon hy arsem kry. Op ’n stadium kon hy nie meer asem kry nie, maar het aangehou tot die sak stukkend is.
Die vier terroriste het sy geld en beurs gevat nadat hulle die huis geplunder het.
As een wat ook onlangs ‘n roof en ‘n poging tot verkragting, seksuele molestering, treitering en aanranding deur twee swart aanvallers in Kempton Park, Glen Marais, oorleef het by ‘n vriend se huis, wil ek graag die vlge. advies gee :
Moet nooit gerus wees nie. Mense word veral by hul hekke, of voor/agter deure, wanneer hulle inkom of uitgaan aangeval.
Baie diewe kom oor die dak, binne-in die binneplaas in – soos vermoedelik in onms geval
Sorg, indien enigsyds moontlik, dat daar bo en behalwe aan elke lid van die gesin en moontlik ‘n gereelde kuiergas, ‘n paniekknoppie in elke vertrek/kombuis, badkamer/garage/skuur/motor goed versteek is, wat geaktiveer kan word met hande wat agter ‘n mens vasgebind is
Sorg ook dat daar skerp spykers oral in die ‘skirtings’ van die huis is, in bome in die tuin/garage en indien moontlik ‘n lem in ‘n strategiese hoek van ‘n vertrek, wat, sou ‘n mens soontoe kan rol, ‘n mens kan gebruik om die plastieksak oop te skeur …
Indien moontlik, sorg vir nog ‘n sakfoontjie onder ‘n swaar tafel vasgeplak aangesien laaie oopgepluk word, beddens omgedop word, kaste oopgebreek word en kussings van stoele afgepluk word
Ek kan net se dat ons ons nie verset het nie en dat ek hulle daaraan herrinner het dat Graca en Madiba vir vrede was, dat Zuma gese het dat die geweld moet stop en dat hulle ‘Uhbuhntu’ moet wees!
Slegs die genade van die Here het ons gered en moontlik die feit dat daar nie ‘n vuurwapen of ‘n kluis in die huis was nie
My vriend is van sy bankkaarte/sakfoon/huissleutels/geld/gereedskap en sy oorle moeder se juweeltjies verlos en ek van my sakfoon en ‘n paar rand.
Ons het ongedeerd van die voorval afgekom, alhoewel erg getroumatiseerd en die nagmerrie sal nog baie lank by ‘n mens spook ….
Mnr. Calitz, ‘n spoedige herstel word u toegewens, maar ek hoop, dat, indien u alleen in u huis bly, u, indien moontlik, SPOED sal skuif, want terugkom sal die lafharts wel.