Barbaarse kattebak-moord

Jean-Pierre Malan is aangekeer in verband met die moord op Dustan Blom.  Malan is die afgelope vyf jaar verskeie kere gearresteer weens die vermeende besit en vervaardiging van dwelms en motordiefstal. 

Die Douglasdale-polisie het Malan agt dae nadat Blom in sy huis in North Riding, Randburg, vermoor is, by ‘n gastehuis in Randburg aangekeer.

 Die polisie ondersoek nog sy misdaadgeskiedenis. Blom se lyk is Sondag in die kattebak van sy Nissan Qashqai in die parkeerterrein by Montecasino ontdek nadat die veiligheidswagte die ontbindende lyk geruik het en die polisie in kennis gestel het.

Sowat R80,000 is by verskeie kitsbanke in Johannesburg uit sy rekening getrek. ‘n Ontkleedanseres, Marushcka Robinson het intussen in die Randburg-landdroshof verskyn op aanklag van beplande moord, ‘n bylae ses-misdryf en diefstal. Sy is tans in aanhouding.

Volgens Julie Padgett, Blom se suster, het ‘n hawelose Robinson onlangs by Blom ingetrek "omdat hy uit die goedheid van sy hart" tydelik tot die reëling ingestem het. Blom se vrou is vroeër vanjaar oorlede as gevolg van geboortekomplikasies