Bankrot SABC gee "goue handdruk"

Dit het nou eers bekend geword dat die voormalige hoof van die SABC se Nuus en Aktualiteit, Phil Molefe, met ’n goeie “goue handdruk” gegroet is gedurende Mei vanjaar

Die “goue handdruk” het ’n mooi bedrag van R2,4 miljoen beloop.

Molefe is in April 2011 geskors na ’n uiters omstrede gesprek met Julius Malema, toe nog jeugleier, in Maart 2011 uitgesaai is.

Gedurende die tyd van sy skorsing, het hy vergoeding van sowat R2,7 miljoen ontvang, terwyl hy by die huis gesit het.