ANC verdeeldheid – Kasrils vs Jordan

Ronnie Kasrils, en Pallo Jordan, albei voormalige ANC ministers, vryf mekaar deeglik op in ’n bekgeveg tydens ’n paneelbespreking wat aangebied is deur die Sentrum vir Konflikoplossings in Kaapstad.

Kasrils, voormalige minister van Verdediging, het tydens die geleentheid gesê die Zuma-regering se ANC is nie die ANC waaraan hy behoort het nie.

Pallo Jordan, voormalige minister van Kuns en Kultuur, wat nou  lid is van die ANC se Nasionale uitvoerende raad, het deeglik swaarde gekruis met Kasrils.

Kasrils se boek waarin hy die ANC regime aanvat, was die middelpunt van die gesprek.

In die boek verwys hy na die regime se geneigdheid om dinge weg te steek, die moorde by Marikana, Vavi se skorsing, en die magsug in ANC geledere.

Kasrils het uitgevaar oor ongelykheid, werkloosheid, armoede en die ANC se neo-liberale ekonomiese agenda.

Jordan het Kasrils beskuldig dat hy oordryf.

Foto – Kasrils