ANC konkel met SABC direksielede

Opposisie partye beskuldig die ANC dat hulle konkel met die naamlys van kandidate wat oorweeg moet word vir die SABC se direksie toe daar ewe skielik ’n nuwe naamlys te voorskyn gebring is en die oorspronklike lys spoorloos verdwyn het.

Na die weke lange onderhandelings in die portefeuljekomitee is ooreen gekom op 12 kandidate. Daardie naamlys is nou vervang met ’n ander een en die ANC word beskuldig van bedenklike optrede.

“Toe ons vanoggend opdaag, het die ANC ’n nuwe lys kandidate gehad en die kandidate wat die opposisiepartye op die lys wou sien, is verwyder”, het Liezl van der Merwe,’n opposisie LP gesê.

Juli Kilian, Cope LP, sê die nuwe direksie beskik nie oor ervaring nie en het ook nie die kwalifikasies om die SABC op koers te kry nie.

Die 12 kandidate, soos op die nuwe naamlys verskyn het, is met agt teen vier stemme goedgekeur.