ANC ernstig oor straatname

Die ANC het bekend gemaak dat blankes moet aanvaar dat Pretoria se naam gaan verander, en so ook die name van strate. Blankes moet nou eens en vir altyd weet die ANC regeer en die ou apartheids-name sal hulle nie weer sien nie.

Dit is die boodskap van die ANC in reaksie nadat die appèlhof in Bloemfontein die ANC se metro verlof gegee het om te appelleer teen die vorige uitspraak in die Hooggeregshof van Pretoria.

Die stryd om die behoud van Pretoria se naam sal voor ’n volle regbank in die Hooggeregshof van Pretoria plaasvind.

Die Metro het hom nou tot die appèlhof gewend na hul die hofstryd oor die stad se ou straatname verloor het.