ANC belowe eers kos, nou huise

Die ANC is verbete om die tussenverkiesing in Potchefstroom te wen deur eers kospakkies uit te deel, en nou selfs verder gaan deur titelaktes en huise aan kiesers toe te ken in ’n “omkopery” om stemme te werf.

Die ANC ontken die bewering en sê dit is regeringswerk wat gedoen moet word.

Na verneem word is daar blykbaar reeds sowat 50 huise “uitgedeel” en ongeveer 1000 titelaktes.

Die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Bathabile Dlamini, het ontken dat haar Departement betrokke is by enige kospakkies wat uitgedeel is.

Waarnemers sê die voorval herinner aan die gebeure in die Vrystaat toe verarmde blankes met kospakkies en komberse omgekoop is om deel te neem aan die konferensies wat gehou was.