Amper ‘n liegstorie

’n Nuwe onderneming wat wegneem etes bies, bekend as Burger King, het nou ’n nuwe metode om slapskyfies te maak wat glo minder vet bevat.

Hulle maak aanspraak daarop dat die nuwe manie van skyfies maak, soos hulle dit doen, minder vette bevat en dus die mens veel minder sal laat gewig aansit daarmee.

Burger King maak daarop aanspraak dat die skyfies, wat nou ’n deeg om het, minder vette absorbeer en dus gesonder is as gewone slapskyfies.

Reuters het na bewering ’n porsie van dié nuwe skyfies, wat “Satisfries” genoem word, met ’n porsie van die oorspronklike skyfies vergelyk.

Die oorspronklike skyfies het 340 kalorieë en 15 g vet bevat, en die nuwe skyfies 270 kalorieë en 11 g vet.