Alkohol veroorsaak menige sterftes

Prof. Charles Parry, direkteur van die Mediese Navorsingsraad (MNR) het bevind dat 130 Suid-Afrikaners elke dag sterf aan ’n alkohol-verwante oorsaak.

 

Prof. Parry is betrokke by die Navorsingseenheid oor alkoholmisbruik en dwelmgebruik.

Hy sê dat sowat ’n derde van dié sterftes is te toe te skryf aan ongelukke weens dronkbestuur.

Volgens sy bevindinge kos alkoholverwante sterftes Suid-Afrika ongeveer R40 miljard per jaar. Hy sê ook dat alkohol ’n groot risiko inhou vir vroue om borskanker op te doen. Vier glasies alkoholiese drank per dag, verhoog die kanse met 50% om borskanker op te doen.

Kommer is ook uitgespreek dat die drank misbruik onder hoërskool kinders toeneem.