Afriforum skree, boikot!

Die multikulturele vakbond, Solidariteit, se burgerregte organisasie Afriforum, versoek die rugbyondersteuners om wedstryde op Loftus Versfeld te boikot, omdat die Blou Bulle Maatskappy (BBM) ten gunste van ’n kwotastelsel gestem het.

Uit protes het Kallie Kriel, Afriforum se hoof, glo besluit om nie volgende jaar sy seisoenkaartjies te hernu nie, en ander ondersteuners gevra om die wedstryde te boikot.

Kenners en verskeie waarnemers meen dit is ’n eienaardige versoek, aangesien die vakbond met sy affiliasies, self multikulturele baadjies dra.

Behoudende volksgenote het jare gelede reeds begin om gemengde sport te verwerp en hulle gewig by die volkseie sport-strukture ingegooi