Aarto gaan voort

Die ANC-regering sal nie oorweeg om die gewraakte Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe (Aarto) te skrap nie en sal dit maak werk.

Die regering besef dat daar ’n aantal knelpunte bestaan, maar die regering is verantwoordelik om die lewens van mense te beskerm, en daarom sal Aarto nie gestop kan word nie,.

Dit is die mening van Mthunzi Mbungwana, woordvoerder van RTIA.

Die reaksie kom nadat opposisiepartye en ’n aantal instellings van padveiligheid talle versoeke gerig het tot die regering om die stelsel te skrap. Dit is gedoen nadat verslae aan die lig gebring het dat meer as R2 miljard se boetes nie ingevorder kon word nie.

Waarnemers sê dat die stelsel nie effektief funksioneer nie en derhalwe behoort dit eerder geskrap te word.