Aardklop ook godslasterlik

Mense het in groot getalle uitgestap toe dit nie net by ’n skelwoord of twee gebly het nie, maar duidelik skuldig is aan godslastering.

Dit is die mening van tientalle mense wat by die Aardklop vermaaklikheidsfees, net nie langer kon luister na die “drama” genaamd “Wie’s bang vir Virgina Woolf?”

Een feesganger sê mense kon die gevloek nog in ’n mate verwerk, alhoewel talle toe reeds die opvoering verlaat het, maar toe daar godslasterlike uitlatings gemaak is, het die mense die plek verlaat.

Daar was natuurlik ook die klompie wat hulle vir die swakste uitlatings, slap gelag het, maar gelukkig is hulle ’n klein minderheid gewees, het een woordvoerder gesê.

Kenners van die kunste, het aan Die Vryburger gesê, die sogenaamde “kunstefeeste” is beslis nie kuns nie, maar is grotendeels “vermaak in Afrikaans”  wat soms ook beroerd is – die kuns ontbreek, die taal vreemd en is dikwels ’n geradbraakte, derderangse, lokasie dialek.

Die sogenaamde “kunstefeeste” toon ook die vervlakking wat besig is om in te tree onder volksgenote, terwyl die dieper waardes nie meer in stand gehou word nie.

Dit is opvallend dat Radio Pretoria ook teenwoordig is by die “fees” aangesien dit oor meer as 18 jaar die beleid was om eerder sulke plekke te vermy.