Aangestel -met geraamtes en al

Drie noodsaaklike aanstellings moes gemaak word voor die einde van Augustus  en pres. Zuma moes, op die laaste, Saterdag die aankondigings doen om nie beskuldig te word dat hy hofbevele verontagsaam nie.

’n Nuwe direkteur vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ’n nuwe hoof vir die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) en die direkteur van Openbeare vervolging in Natal moes aangewys word.

 

Mxolisi Nxasana, ’n prokureur van Natal, is die nuwe hoof van NVG, adv. Vas Soni SC is nou die hoof van SOE, en adv. Sophy Noko is Natal se direkteur van Openbare vervolging.

Gedurende die afgelope maande het verskeie meningsvormers daarop gewys dat die poste se belangrikste vereiste waarskynlik is, dat die aangestelde persoon, nie geraamtes in die kas het nie. Dit sal verseker dat vervolging gedoen kan word sonder om self beskuldig te word van oortredings.

 

Adv Soni het voorheen waargeneem as regter, en is gekritiseer nadat hy die “Mail & Guardian” belet het om ’n artikel te plaas wat handel oor R11 miljoen belastinggeld wat in ANC tasse beland het. Later is vasgestel dat die berig die waarheid bevat.

Dit laat al weer vraagtekens oor die onderskeidingsvermoë van die advokaat, maar die redakteur van “Mail en Guardian” sê dit was duidelik “uitvoerende gesag-gesind’ en is lojaal aan die ANC.

Soni se reaksie op al die negatiewe kritiek oor hom het gesê: “Ek verteenwoordig wie ook al my dienste wil gebruik.”