1:Exclusive-Books struikel

Die Exclusive Books-groep se voortbestaan is waarskynlik in gedrang aangesien die verkope van hul boeke feitlik daagliks afneem, en oorweging word gegee om ander produkte te verkoop ten einde ’n sinvolle voortbestaan te verseker.

Ene Ernest January, die hoof van Medu Capital, Exclusive Books se nuwe eienaar, het toegegee dat verkope daal, en dat probleme ervaar word wat as “uitdagings” gesien word.

“Ons het idees oor hoe ons dit kan hanteer.”

Times Media, die eienaars van The Sunday Times en NuMetro, het die Exclusive Books asook die boekwinkel-groep Van Schaik aan Medu Capital verkoop. Exclusive Books is vir R90 miljoen verkoop, en Van Schaik vir ’n allemintige R325 miljoen.

Die Mededingingsowerhede moet nog die transaksie goedgekeur.

Exclusive Books kry blykbaar opdraande vanweë die mededinging van die boek verkopers wat aanlyn-sake doen soos Kalahari

Exclusive Books het sowat 35 winkels in die land.

’n Woordvoerder en kenner van dié bedryf het aan Die Vryburger gesê  dat die lees gewoontes van mense drasties verander het, en dat Internet-gebruikers besig is om die “harde kopieë” uit te skakel, aangesien die aanlyn-leesstof nie net gerieflik is nie, maar ook veel goedkoper, en is oral leesbaar met nuwe tegnologie beskikbaar.