Zuma moet praat

Voor eerskomende Sondag moet pres. Jacob Zuma bekend maak wie die Nasionale Vervolgingsgesag se hoof sal wees, maar sy kantoor weet nie wanneer hy sy onderneming sal nakom nie.

 

Die ANC president het sowat ’n maand gelede onder eed verklaar voor die hoofregter, Mogoeng Mogoeng, dat hy die hoof sal aanwys voor die begin van September.

Getrou aan sy eie besluitloosheid, het hy bygevoeg dat dit sal gebeur indien niks onvoorsiens gebeur nie.

Zuma was egter verplig om ’n onderneming aan Mogoeng te gee na ’n geding waarin die Raad vir die Beskerming van die Grondwet (Casac) versoek het dat Zuma gedwing moet word om die hoof aan te stel.

Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, sê hy weet nie wanneer pres. Zuma die hoof van die Vervolgingsgesag se naam bekend gemaak sal word nie

“Die president is egter bewus van sy onderneming onder eed aan die hoofregter en ek glo hy sal sy woord gestand doen.”