Zim-man vas oor Lotto-bedrog

Verlede week het die Valke ’n Zimbabwiër vasgetrek wat glo die Nasionale Lotery Raad met miljoene Rand bekonkel en bedrieg het.

 

’n Toelae van sowat R4,5 miljoen is aan Mutumwa Mawere, hoof van die African Heritage Society in Johannesburg, toegeken vir ’n museum wat dan kwansuis die geskiedenis van Suid-Afrika sou vertel.

 

Sonder om behoorlik vas te stel of die aanspraak werklikheid is, het die Nasionale Lotery-verspreidingsfonds, wat  geld aan liefdadigheid skenk, die toelae uitbetaal.

 

Die javel het vals dokumente aan die Loteryraad voorsien as “bewys’ dat die geld aangewend is vir ’n werksessie van twee dae.”