Zim bou eie Disneyland

Chris McIntyre, ’n toeroperateur van Brittanje, wat in Afrika werksaam is, sê mense besoek Zimbabwe omdat dit alles bied wat ag uit Afrika is.

 

McIntyre van Expert Africa, sê dat die regering van Zimbabwe beplan nou om sy eie Disneyland te ontwikkel wat sowat R3 miljard sal kos. Die projek sal opgerig word by die Victoria Waterval.

Walter Mzembi, die Minister van Toerisme, sê 1,200 hektaar grond is naby die lughawe bekom om die nuwe ontwikkeling op te rig waar hotelle, konferensie sentrums en ander noodsaaklike geboue, soos winkelsentrums, opgerig sal word.

Lisa Grainger, ’n spesialis in Afrika-toerisme, sê dit is gekheid om ’n temapark vir geldmaak doeleindes te bou by een van die wereld se grootste natuurwonders.

’n Suid-Afrikaanse ekonoom het aan Die Vryburger gese dat die “grappe land” waarskynlik nie van die grond sal kom nie aangesien niemand bereid gaan wees om sulke geld aan Zimbabwe te leen nie, en dit terwyl die projek ook nie juis lewensvatbaar sal wees nie.