Winkel kry onwelkome besoeker

’n Klerewinkel in die Rynfield-winkelsentrum van Benoni het ’n onwelkome besoeker gekry toe ’n Mercedes-Benz in die lokaal tot stilstand gekom het.

 

Die bestuurder wat voor die winkel wou parkeer, moes tot sy ontsteltenis ontdek dat die remme onklaar geraak het en moes hy magteloos sien hoe sy motor deur die glasvensters bars.

 

Omstanders sê hulle was verskrik maar erken ook dat dit iets is wat hulle nog nooit gesien het nie.