Weste is veragtelik

 

Pres. Robert Mugabe, die verkose president van Zimbabwe, het die kritiek van die Westerse lande as “veragtelik” bestempel.

Mugabe is op 22 Augustus vir nóg vyf jaar as president beëdig.

 

“Die vreemde Westerse lande wat ’n ander, negatiewe seining het van ons verkiesingsproses word deur ons beskou as die veragtelike lande oor wie se morele skandelikheid ons moet rou, ” het hy gese.

 

MDC-leier, Morgan Tsvangirai, en ander opposisiepartye in Zimbabwe, het die plegtigheid geboikot.

Talle lande het hulle bedenkinge uitgespreek oor die verkiesing en twyfel geopenbaar oor die regverdigheid van die verkiesing.

 

Tydens die vorige algemene verkiesing het Mugabe ronduit verklaar dat die MDC nie toegelaat sal word om die land sal regeer solank as wat hy leef nie.